Nuus

17 Mei 2013 – KOOPKRAG: 75 jaar van diens

17 Mei 2013 – KOOPKRAG: 75 jaar van diens

As gevolg van skerp mededinging gedurende die dertigerjare, het handelaars alles in hulle vermoë gedoen om omset te vergroot. Hulle het kredietfasiliteite aan die publiek maklik gemaak, met die gevolg dat debiteure aansienlik gegroei het en dus ook ʼn behoefte aan bedryfskapitaal. Dit het gelei tot ʼn aanmoediging van kontantaankope deur afslag op sodanige transaksies. [...]

16 Mei 2013 – Wat tegnologie nie kan vervang nie

16 Mei 2013 – Wat tegnologie nie kan vervang nie

Wêreldwyd is daar ʼn tekort van 1,7 miljoen onderwysers terwyl Suid-Afrika jaarliks `n behoefte aan 25 000 nuwe onderwysers het. Dus kan onderwys wêreldwyd as `n skaars vaardigheid beskryf word. Verder het die regering onlangs gesê dat onderwys as `n noodsaaklike diens geklassifiseer sal word sodat stakings in die sektor onwettig sal wees. Onderwysers sal [...]

15 Mei 2013 – Edelmetale verloor hulle adel

15 Mei 2013 – Edelmetale verloor hulle adel

Sakeleiers beskryf die ekonomiese ineenstorting as gevolg van mynstakings as een van die land se talle selftoegediende wonde. Selfs die president van die Reserwebank, Gill Marcus, het al gewaarsku dat werkers meer begrip moet hê vir werkgewers se finansiële welstand omdat hoër lone op die duur ten koste van werkskepping kan wees. Nou het die [...]

11 Mei 2013 – Ryk Tulbach

11 Mei 2013 – Ryk Tulbach

In die huidige Suid-Afrika waar landsburgers daagliks gekonfronteer word met korrupsie, wanbestuur en die roekelose wyse waarop die huidige regering belastingbetalers se geld mors, behoort daar op hierdie dag waardering te wees vir die besliste wyse waarop ‘n voormalige goewerneur van die Kaap ‘n einde aan uitspattigheid en wetteloosheid gemaak het. Ryk Tulbach, wat uiteindelik [...]

13 Mei 2013 – Trapstene op pad na vryheid

13 Mei 2013 – Trapstene op pad na vryheid

ʼn Vryheidstryd is veeleisend; soms met die offers wat dit vra en soms met die gebrekkige ooreenkomste wat gesluit moet word. Beide hiervan was by tye president Paul Kruger se deel. Sy volwasse lewe het hy aan die vryheidstryd gewy. Voor hy president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) geword het, was dit meestal sonder vergoeding. [...]

10 Mei 2013 – Militante liberalisme se aandeel in die opkoms van militante Islam

10 Mei 2013 – Militante liberalisme se aandeel in die opkoms van militante Islam

Die onlangse bomontploffings in Boston het weer die soeklig laat val op die gevaar wat militante Islam vir vreedsame samelewings inhou. Dit lyk of die verdraagsaamheid van Westerse samelewings deur onverdraagsame Moslems misbruik word om hul gashere te vermoor. Daar is geen regverdiging vir terroriste om onskuldige mense genadeloos uit te wis nie. Hulle verdien [...]

9 Mei 2013 – Hemelvaart: Afskeid met aanbidding en blydskap

9 Mei 2013 – Hemelvaart: Afskeid met aanbidding en blydskap

Baie kort en sober beskryf die evangelis Lukas die gebeure van die hemelvaart van die Here Jesus Christus: Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. (Lukas 24:51 en 52). Dit wek verbasing en [...]

8 Mei 2013 – Die grootste gemene deler

8 Mei 2013 – Die grootste gemene deler

President Jacob Zuma se volstruispolitiek gaan dié keer nie help nie. Die land gaan nog lank wonder hoe die Gupta-familie dit reggekry het om ‘n privaatlanding by die Waterkloof-lugmagbasis uit te voer. Dit nogal in dieselfde week wat die Geheimhoudingswet deur die parlement gestoomroller is. Dit volg ook kort op die hakke van die fiasko [...]

7 Mei 2013 – Belastingweerhouding as bedingingsmiddel

7 Mei 2013 – Belastingweerhouding as bedingingsmiddel

  Verlede week het ’n jarelange regstryd in die Grondwetlike hof ten einde geloop. Die Mogqaka-munisipaliteit in Kroonstad was teen ’n belastingbetaler, mev. Olga Rademan, in die hof. Die betrokke munisipaliteit was twee jaar gelede in die nuus weens honderde toilette wat sonder mure of dakke in die veld gestaan het omdat die stadsraad nie [...]

6 Mei 2013 – Orania se skakeltoer na Europa

6 Mei 2013 – Orania se skakeltoer na Europa

‘n Brokkie nuus wat nie die nuusmedia oor die afgelope weke oorheers nie, mag uiteindelik blyk een van die belangriker ontwikkelings in die Afrikaner se onlangse geskiedenis te wees. Hier word na die skakeltoer van leiers en sakelui vanuit die Orania-gemeenskap na Europa verwys. Dit mag na ‘n oordrewe aanspraak klink, maar deeglike oorweging mag [...]