Nuushooftrekke

2 Mei 2012

* ‘n Jong boervrou is vermoor in ‘n aanval op die plaas Doornfontein buite Randfontein. * Die Valke sê hulle is magteloos om ‘n aanslag op die lewe van die geskorste aanklaer Glynnis Breytenbach te ondersoek, tensy sy ‘n klag indien. Dit het ook aan die lig gekom dat sy voor haar skorsing gedreig het [...]

26 APRIL 2012

* ‘n Groot opkoms word by die Pretoriase hooggeregshof verwag nadat teenstanders van die e-tolstelsel in Gauteng die groen lig gekry het om die implimentering daarvan op ‘n dringende basis te beveg. * Opposisie-partye en mediahuise verwelkom aanbevelings deur die onafhanklike Persvryheid-kommissie oor die regulering van die gedrukte media. * Die Vryheidsfront-Plus neem die polisiebestuur [...]

25 April 2012

* Ontleders sê die politieke toekoms van die uitgskopte president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, hang af van die ANC-faksie wat die mag het. Malema is gisteraand finaal uit die party geskop. * Die minister van Finansies, Pravin Gordhan het in een van die sterkste standpunte wat nog deur ‘n ANC-minister ingeneem is, gesê daar [...]

24 April 2012

* TLU-SA het die jongste organisasie geword wat hom by die Alliansie van Opposisie teen die Stedelike Tolstelsel, of Outa, se hofstryd in Pretoria gaan aansluit. * Die regstryd oor die beoogde straatnaamsveranderings in Pretoria begin vandag in die plaaslike Hooggeregshof. * Die Johannesburgse sakeman Hugh Glenister gaan vandag sy stryd teen die ontbinding van [...]

23 April 2012

* Die vakverbond Cosatu eis dat die regering ‘n staatsbank asook ‘n staatsbeheerde sement- en staalmaatskappy in die lewe roep om sy infrastruktuur-program te steun. * Suid-Afrikaanse mynmaatskappye verkies om hulle uitvoer-minerale per pad na Mosambiek te neem omdat plaaslike spoortariewe te duur is. * Drie onwettige mynwerkers is by Harmony se Masimong- en Tshepong-myn [...]

19 April 2012

* ‘n Voormalige mynwerker van Suid-Afrika sal vandag Anglo American se jaarvergadering in Londen bywoon. Hy is een van die een-duisend-200 mynwerkers wat die mynmaatskappy dagvaar omdat hulle aan silikose ly. * Time Magazine het die Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, onder die 100 mees invloedryke mense in die wêreld geplaas. * Die bestuurder van [...]

18 April 2012

* Die Nasionale Vervolgingsgesag het die omstrede herstrukturering wat deur die nasionale direkteur van Openbare Vervolging Menzi Simelane beveel is, in sy geheel omgekeer. * ‘n Voormalige krieketspeler van Namibië, Louis Vorster, is by ‘n vulstasie in Muldersdrift naby Krugersdorp doodgeskiet. * Die teenprestasies wat maatskappy moes lewer wat kontrakte in die regering se omstrede [...]

17 April 2012

* Die VN-Veiligheidsraad het gelas dat strenger sanksies teen Noord-Korea ingestel word ná sy mislukte vuurpyl-lansering. * ‘n Joernalis en ‘n lid van ‘n BBP-eenheid is dood in nóg ‘n bloulig-ongeluk naby Kwamsane noord van Richardsbaai in Natal. * Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê hy sal meer druk op internasionale finansiële instellings uitoefen [...]

16 April 2012

* Motoriste wat nie vir e-tolkaartjies registreer nie, gaan een-rand-75-sent per kilometer op die tolpaaie in Gauteng betaal. * Die ANC het sy jeugliga gewaarsku om nie verklarings te maak wat die grondwet van die party ondermyn nie. * Die president se woordvoerder, Mac Maharaj, ontken dat die staat sy vroue en kinders onderhou. * [...]

13 April 2012

* ‘n Gespanne toestand heers in Guinee-Bissau nadat soldate ‘n staatsgreep probeer uitvoer het. Die eerste minister se ampswoning is aangeval en verskeie politici is gevange geneem. * Die omstrede vuurpyl wat Noord-Korea die ruimte ingestuur het, het ontplof en in die Geel See langs die kus van Suid-Korea neergestort. * Die Vryheidsfront-Plus sê dit [...]