17 MEI 2012 – HEMELVAART
Vandag gedenk ons die Hemelvaart van Jesus van Nasaret, die Seun van God wat mens geword het. Hy het vanuit God se ewigheid na ons wêreld gekom en, soos die Evangelie van Johannes sê: Hy het … “vlees geword en onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene [...]
16 MEI 2012 – WORD ONS KINDERS SE HARTE GESTEEL?
Vir meer as 100 jaar het die Afrikaner gelowiges aanvaar dat dit die staat se taak is om goeie onderwys te verskaf. Daar word geredeneer dat ons immers baie belasting betaal. En dit is ook so. Die Afrikaanse kerke het oor die algemeen nog altyd ernstig oor opvoeding gevoel. Gewoonlik moes die predikante diens doen [...]
15 MEI 2012 – DIE ANC EN MINDERHEIDSREGTE
Kommentators besin nog oor die nut van die onlangse gesprek tussen die ANC en leiers uit die Afrikaanse gemeenskap, en oor die wegbly-aksie van sommige van die vernaamste rolspelers. Die belangrikste boodskap aan die Afrikaner het egter nie uit die gesprek geblyk nie, maar uit ‘n onderhoud wat Beeld met Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die [...]
14 Mei 2012 – VERKIESINGSUITSLAE IN EUROPA
Soos peilings getoon het, het die Franse president, Nicolas Sarkozy, die knie voor sy gematigde sosialistiese teenstander, François Hollande moes buig, en het die Griekse koalisie wat die Grieke uit hul skuldkrisis moes lei, ook die onderspit gedelf. Maar of die Franse kiesers met hul keuse hulself ’n guns bewys het, is ’n vraag wat [...]
11 MEI 2012 – OM MET DIE ANC TE PRAAT OF NIE TE PRAAT NIE
Groot omstredenheid het geheers oor of dit goed of sleg was dat ‘n groep mense dié week met die ANC gaan praat het. Vir dié geleentheid het die media weer die woord, Afrikaanses, uit die vergetelheid opgediep. Hoewel die groep waarskynlik ‘n groot deel van die room van Afrikaanse leierskap ingesluit het, was daar ook [...]
10 MEI 2012 – VANWAAR GEHASI?
Die ANC wil glo verstaan wat die bekommernisse in Afrikaner-geledere is, sê die sekretaris-generaal van die ANC, mnr Gwede Mantashe. Dit is waarom hulle Afrikanerorganisasies uitgenooi het om ‘n vergadering by te woon waar daar ‘n sogenaamde OOP gesprek gevoer kon word. Altesame 19 Afrikaner-organisasies het die ANC Dinsdagoggend ontmoet, nadat TLU SA, Solidariteit [...]
9 MEI 2012 – GAAN HOLLANDE DIE KAAP WEER HOLLANDS MAAK?
Die verkiesing van Francois Hollande as Frankryk se nuwe president word deur die sukkelende lande in die suide van Europa as ‘n moontlikheid gesien om onder die juk van uiters streng fiskale regulasies uit te beweeg. Die Sosialistiese president, maar net 57 jaar oud, het hom klaar verbind om die Duits-gedrewe skuldbeheermaatreëls weer met die [...]
8 MEI 2012 – 2013 – HERDENKINGSJAAR
1988 was ‘n feesjaar vir Suid-Afrika. Dit was 500 jaar sedert Bartolomeus Dias die eerste Europeër geword het om om Kaap die Goeie Hoop te seil, 300 jaar sedert die koms van die Franse Hugenote en dit was die 150-jarige herdenking van die Groot Trek. Landwyd het feeste rondom die gebeure plaasgevind . Dit is [...]
7 MEI 2012 – DIE WRANG VRUGTE VAN SOSIALISME
In ’n sosialistiese staat is dit onvermydelik dat politieke leiers hulself al dieper gaan bemoei met die stigting van maatskappye, aandeelhouding, kontrakte en ooreenkomste. Vriende en familielede van die heersende politieke gesag figureer dan dikwels in die een of ander rol, as mens die vergrootglas sou plaas op wat werklik gebeur. Persoonlike belange styg binne [...]
4 MEI 2012 – SKEP OF SINK
Elke oggend hoor ons op Radio Pretoria ’n mooi Afrikaanse slagspreuk en sy herkoms. Daar is egter een slagspreuk wat ons ook nie moet vergeet nie: “Met die maatstaf waarmee jy meet, sal jy gemeet word.” Hou dit in gedagte wanneer ons weer vryelik met die tong inklim om die belaglike besluite en aksies van [...]






