Radio Pretoria
17 MEI 2012
* Die Pretoriase Hooggeregshof sal vandag uitspraak
lewer oor ‘n dringende aansoek om die Departement van Basiese
Onderwys en die Onderwysdepartement in die Verre Noorde te
dwing om handboeke aan skole te verskaf.
* Die Natalse polisie het die twee rowers wat ‘n egpaar van
Hibberdene gewond en beroof het, in hegtenis geneem.
* ‘n Vrou en haar volwasse seun verskyn vandag in die
Landdroshof op Evander in verband met die moord op haar man.
* Die Padverkeers-bestuurskorporasie het alle provinsies versoek
om bewyse voor te lê van Roadlink-busse wat die afgelope vyf jaar
van die pad af gehaal, geskut of betrokke by enige ongelukke was.
* ‘n Man is dood en nog twee ernstiger beseer toe hulle motor deur
‘n brug op Eeufees-straat in Pretoria gebars en op die pad onder
die brug beland het.
* Suid-Afrikaners moet maar hul wintersklere en ekstra komberse
begin uithaal want die weerdiens voorspel ysige weer die naweek
in die binneland.
* Amerika sê hy sal nie sanksies teen President Robert Mugabe en
talle van sy meelopers ophef voor daar tekens van permanente
politieke hervorming in Zimbabwe is nie.
* Die voormalige Bosnies-Serwiese leier en bevelvoerder, Ratko
Mladic, se verhoor op aanklagte van oorlogmisdade word vandag
in die Internasionale Strafhof in Den Haag voortgesit.
* En die Amerikaanse polisie soek na ‘n man wie se vrou twee dae
na hulle troudag in Chicago, Ilinois wreed vermoor is.
Vandag gedenk ons die Hemelvaart van Jesus van Nasaret, die Seun van God wat mens geword het. Hy het vanuit God se ewigheid na ons wêreld gekom en, soos die Evangelie van Johannes sê: Hy het … “vlees geword en onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom, vol van genade en waarheid.” Let tog daarop dat hier beklemtoon word dat Jesus van God af na ons en ons wêreld gekom het!
In die verhouding tussen God en mens, is dit altyd God wat die mens opsoek en vra: Waar is jy? Die mens soek nie na God nie … want eintlik dink die mens dat hy alles baie beter as God weet. Die mens is daarvan oortuig dat hy met sy kennis kan vasstel of God bestaan of nie, of Jesus van Nasaret werklik die Seun van God was en of Jesus opgestaan en opgevaar het.
Maar dit is die merkwaardige: die mens se beterweterigheid en sy verwerping van die goeie boodskap van Jesus, die gekruisigde en opgestane Here, verander niks aan daardie goeie boodskap van Hemelvaart waar Jesus sê: “En kyk, Ek is met julle, al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld”. Deur sy Woord wat vir ons in die Bybel gegee is en deur sy Heilige Gees, word die goeie boodskap van Jesus se offerdaad tot vandag toe in ons wêreld verkondig.
Daardie boodskap van die opstanding en die Hemelvaart, en die belofte van sy ontferming oor die gelowiges wat op aarde leef, het tog ons wêreld verander. Want deur die verkondiging van die evangelie het God mense tot die geloof geroep en om in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. So het ‘n Christelike beskawing en ‘n Christelike lewensorde op aarde ontstaan wat, hoewel dit glad nie volmaak was nie, tog ‘n weldadige invloed uitgeoefen het. Dit was tog op ‘n sekere manier ook ‘n sigbaar word in die wêreld van die genade en waarheid van God.
Hierdie roeping en die taak wat die gelowiges op aarde van die Here God ontvang het, het op die dag van Jesus se Hemelvaart begin en in ons herdenking van Hemelvaart word ons weer daaraan herinner dat al God se beloftes vas staan en veral sy afskeidswoord: “Ek is met julle, al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld”.
Te midde van al die wanorde van ‘n wêreld-sonder-God, hoef ons nie en mag ons nie moed opgee nie want ons is geroep; meer nog: ons is getaak, as gelowiges en as gelowige volk, om ‘n ordelike lewensbestaan tot eer van God in die wêreld in stand te hou sodat sy Naam verheerlik sal word.
Eenvoudig is die opdrag nie!
Maar al is dit so dat ons in ons dae in ‘n wêreld moet lewe wat nogal herinner aan die omstandighede van die vroeë gelowiges in die Romeinse Ryk, mag ons ons nie daardeur laat afskrik om ons geloof te verwater of ons gehoorsaamheid aan God te verswak nie. Beproewings en die toets van die kwaliteit van ons geloof en standvastigheid is deel van ‘n gelowige se lewe … Maar juis daarom kan ons steeds staat maak op die belofte van Jesus by sy Hemelvaart.
Laat ons op hierdie herdenking van Hemelvaart weer moed skep en weet dat Jesus ons, met sy Hemelvaart, nie soos weeskinders agtergelaat het nie. Ons het sy belofte wat ons telkens weer herinner aan sy nabyheid, sy krag en sy beloftes: “Ek is met julle, al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld.”
16 Mei 2012
* ‘n Nie-winsbejagte organisasie, Freedom Under Law het ‘n
dringende interdik aangevra om te keer dat die voormalige hoof van
Misdaad Intelligensie, Richard Mdluli sy loopbaan in die polisiediens
voortsit.
* Die Nasionale Koalisie van Christen Groepe en Individue vir
Gelyke Godsdienstige Beregtiging, het op Facebook steun gevra vir
die stryd oor gelyke Godsdiensregte.
* ‘n Aankondiging oor die onwettige grondbesetting in Walmansthal
noord van Pretoria, sal vandeesweek gedoen word.
* Die Suid-Afrikaanse Taalraad juig oor die Parlement se besluit om
‘n omstrede gedeelte uit die voorgestelde Talewet te wysig.
* Die Demokratiese Alliansie se Nasionale Woordvoerder, Mmusi
Maimane gaan vanoggend strafregtelike klagtes van intimidasie,
aanhitsing tot geweld en die hou van ‘n onwettige byeenkoms teen
die leierskap van Cosatu lê.
* Cosatu het intussen die optrede van sy lede tydens die DA-optog
verdedig.
* Suid-Afrika gaan aandring dat ‘n besluit vandeesmaand geneem
word oor die terrein waarop die Vierkante Kilometer Opstelling-
teleskoop opgerig gaan word.
* .. en die metode waarop die Verbruikersprys Indeks en die
Produksieprys Indeks bepaal word, gaan weer verander word.
16 MEI 2012 – WORD ONS KINDERS SE HARTE GESTEEL?
Vir meer as 100 jaar het die Afrikaner gelowiges aanvaar dat dit die staat se taak is om goeie onderwys te verskaf. Daar word geredeneer dat ons immers baie belasting betaal. En dit is ook so.
Die Afrikaanse kerke het oor die algemeen nog altyd ernstig oor opvoeding gevoel. Gewoonlik moes die predikante diens doen as voorsitter van die beheerliggaam. Ook word ouers gereeld aangemoedig om betrokke te bly by die skole. Ruim meer as 90% Afrikaanse gelowiges ondersteun die openbare skool stelsel.
Met die politieke omwenteling van 1994 kon die ou model C skole nog vir ‘n ruk kop bo water hou. Tog het die politieke en demografiese druk ook sy tol op die Afrikaanse openbare skole geëis. Nie alleen is die Afrikaanse taal onderdruk nie, maar ook – en dalk meer subtiel – die Christelike geloof.
Die Afrikaanse kerke het ‘n roepingsplig om ook die Christelike opvoeding van ons volk ernstig op te neem. Die geloof van ons nageslag gaan ook op die skoolbanke bepaal word. Kom ons neem ‘n eenvoudige voorbeeld: dit help nie dat ‘n kind slegs Sondag in die kerk hoor dat God die Skepper is, maar vir die res van die week word hy met ewolusie gebombardeer nie. Dis op die lange duur nie volhoubaar nie.
As die kerke ernstig is oor hulle taak, nou en in die toekoms, sal hulle ook alles in die stryd moet werp om ons kinders se geloof te beskerm en te behou.
Ernstige vrae kom al hoe meer na vore in die ore van die kerk. Vrae soos: As jy nie die staatshuishouding kan beheer nie, is dit nie naïef om te dink dat jy die openbare skool sal kan behou vir jou gemeenskap nie?
In die praktyk lyk die prentjie al hoe slegter. Die staat, en in die besonder die ideologies gedrewe onderwysdepartement, beskou dit as hulle absolute reg om burgers op te lei wat vir hulle aanvaarbaar is. So vind ons dat die staat al hoe meer die onderwys sentraliseer en ideologies beheer. Dit het reeds en gaan in die toekoms ingrypende gevolge op die denke van ons kinders hê.
Dit help nie dat iemand onder die indruk is dat die openbare skole godsdiensvryheid handhaaf, terwyl in praktyk godsdiensgelykheid in die kinders se koppe en harte geplant word nie. Dit bedreig die kerke se geloofsgrondslag en bestaan direk.
Die vraag is nou: as mens nie die staat beheer nie, en dus ook nie die openbare staatskool nie, is daar dalk ‘n ander uitweg uit hierdie dreigende gevaar dat ons nageslag dalk grotendeels Afrikaanse ongelowiges kan word vanweë hulle skool opleiding? Die kerke moet hierin hulle profetiese stem laat hoor.
Vir God is kinders uiters belangrik. Christus self het gesê laat die kindertjies na My toe kom. Wat kan die kerke doen as dit duidelik word dat die openbare skoolbeleid en praktyk al hoe meer die kinders weg laat dryf van die geloof?
‘n Paar dinge is dringend noodsaaklik: Die kerke behoort ‘n nasionale Afrikaanse onderwysberaad byeen te roep. Daarmee behoort ‘n barometer aangelê te word vir die stand van sake, nie net met betrekking tot standaarde nie, maar ook met betrekking tot dit wat die geloof van ons kinders wesenlik bedreig.
Daar behoort voorbrand gemaak te word vir ‘n openlike Christelike onderwysersvakbond wat die Christen-onderwyser in die openbare stelsel se hande versterk. Die kerke behoort al hoe meer spesifiek aandag te skenk aan die ondersteuning van hierdie onderwysers.
Derdens, moet die groot vraag gevra word: het dit nie tyd geword vir ‘n georganiseerde eksodus uit die staatskole nie? Die tendens na privaat skole is groeiend. Maar die kerke mag nie toelaat dat privaat skole ryk en elite skole word nie. ‘n Gesamentlike nasionale plan, wat die kerke se geloof en gawes saam laat span, kan groot vrug hê vir die nageslag.
Vryheid sonder kinders wat in God glo, is nie die moeite werd nie. Moet ons nie eers ons kinders se geloof red as ons hoogste prioriteit nie? Die kerke mag nie ledig wees, as ons kinders se harte op skool gesteel word nie.
Wee die een wat ‘n kind laat struikel.
15 MEI 2012
* ‘n Dringende aansoek om die Departement van Basiese Onderwys
en die Onderwysdepartement in die Verre Noorde te dwing om
handboeke aan skole te verskaf, word vandag in die Pretoriase
Hooggeregshof aangehoor.
* Die Johannesburgse Metropolisie sê die Demokratiese Alliansie
sal nie toegelaat word om naby die hoofkwartier van Cosatu in
Johannesburg te kom tydens vandag se opmars nie.
* Een van die hoofverdagtes in die opspraakwekkende sluipmoord
op die Pretoriase ma Chanelle Henning, verskyn weer vandag in die
Pretoriase Hooggeregshof.
* Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, het berigte
verwerp dat die Nasionale Verbruikerskommissaris, Mamodupi
Mohlala-Mulaudzi, afgedank is.
* ‘n Openbare meningspeiling wat in Swaziland gehou is, toon dat
koning Mswati die Derde, al hoe ongewilder onder sy onderdane
raak.
* Elf Pakistanse lede van die VN se vredesmag is beseer toe
omgekrapte inwoners na ‘n basis in die ooste van die Demokratiese
Republiek van die Kongo opgeruk het.
* En ‘n Sweedse berpoepsjagter en tien lede van sy safari-
onderneming is van moord aangekla nadat 13 mynwerkers se
liggame in die noordooste van die Repubkiek van Sentraal-Afrika
gevind is.
15 MEI 2012 – DIE ANC EN MINDERHEIDSREGTE
Kommentators besin nog oor die nut van die onlangse gesprek tussen die ANC en leiers uit die Afrikaanse gemeenskap, en oor die wegbly-aksie van sommige van die vernaamste rolspelers. Die belangrikste boodskap aan die Afrikaner het egter nie uit die gesprek geblyk nie, maar uit ‘n onderhoud wat Beeld met Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gevoer het.
Die boodskap is eenvoudig: Skryf minderheidsregte op jou maag en vee dit met jou hemp af.
Hy kwalifiseer dit wel dat dit nie ten koste van die regte van die meerderheid kan wees nie, en herlei dit vierkantig na die rassekwessie.
Maar minderheidsregte, per definisie, kan nie die regte van meerderhede bedreig nie. Minderheidsregte bestaan juis om die minderhede teen ‘n diktatuur van die meerderheid te beskerm.
Tweedens bind die grondwet Suid-Afrika aan internasionale verdrae wat dit onderteken het asook aan die internasionale reg. Onder die belangrikstes is die VN se Deklarasie vir die Regte van Persone wat aan nasionale, etniese, godsdienstige en taalminderhede behoort en die Deklarasie oor die Regte van Inheemse mense.
Selfs in die grondwet is verskeie aanduidings dat minderhede sekere regte het.
Dit is positiewe regte, dit wil sê regte wat pertinent aan minderhede toegeken word. Die ANC kan dit slegs ontneem deur die grondwet en sy verbintenis tot internasionale verdrae te skend. Die finale kwessie ter tafel is dat Mantashe verkeerdelik minderheidsregte aan ras gelykstel. Sy leefwêreld vier binnekort die mondigwording van ondergang – die laaste apartheidswet is oor ‘n maand of wat 21 jaar gelede uit die wetboek verwyder. Boonop is die ANC, as die argitekte en oprigters van neo-apartheid waarin ‘n meerderheidsras wetlik en voortdurend bevoordeel word, en minderhede teen gediskrimineer word. Dit kwalifiseer nie eens om onder die gelaaide term, “affirmative action” geklassifiseer te word nie, want dié begrip word wêreldwyd ook aan die beskerming van minderhede gekoppel.
Met positiewe minderheidsregte is die raskwessie byna altyd uitgesluit. Die grondwet stel onder meer ‘n verbod op die onbillike diskriminasie teenoor iemand op grond van ras en die verbod op haatspraak sluit ook ‘n kategorie oor ras in. Die debakel oor die koppe van twee modelle, die een wit wat die k-woord ingespan het, die ander swart wat geskryf het sy wens alle blankes is dood, is voorbeelde hiervan. Hier hou dit geen verband met minderheidsregte van enige aard nie.
‘n Voorbeeld waar dit wel met minderheidsregte verband hou is die haatspraak-hofsaak wat Afriforum en TLU-SA teen Julius Malema aanhangig gemaak en gewen het. In hierdie saak het die ANC sy volle gewig agter Malema ingewerp, en ook die saak op appèl geneem.
Kortom, Gwede Mantashe is verkeerd.
14 Mei 2012 – VERKIESINGSUITSLAE IN EUROPA
Soos peilings getoon het, het die Franse president, Nicolas Sarkozy, die knie voor sy gematigde sosialistiese teenstander, François Hollande moes buig, en het die Griekse koalisie wat die Grieke uit hul skuldkrisis moes lei, ook die onderspit gedelf.
Maar of die Franse kiesers met hul keuse hulself ’n guns bewys het, is ’n vraag wat nog beantwoord moet word.
Verlede jaar het ‘n Duitse koerant dit uitgebasuin: “Na sestig jaar het Duitsland die Tweede Wêreldoorlog gewen.” Die betrokke koerant, en baie Europeërs was nie te opgewonde oor dié nuus nie, maar die harde werklikheid is dat Duitsland die sterkste ekonomie in Europa het, en met die Amerikaanse krisis, asook Japan se post-tsunami-probleme, moes Duitsland noodwendig ’n meer toonaangewende rol in die wêreldekonomie begin speel.
Duitsland het nie maklik gekom waar dit nou is nie. Die afgelope dekades is miljarde Euro’s gespandeer om die voormalige Oos-Duitsland min of meer op dieselfde sosio-eonomiese vlak te kry as die res van Duitsland. Die prys was hoog, met groot werkloosheid en dit het harde werk gekos om dit onder die vlak van vier miljoen te kry.
Die Bondskanselier, Angela Merkel, het ook nie die rol as ekonomiese leier met ope arms aanvaar nie, en hard probeer om Sarkozy, van wie sy persoonlik nie baie hou nie, in die proses saam te neem. Om Europa te laat herstel, het sy ’n bondgenoot in Suid-Europa nodig gehad, en Frankryk was die beste kandidaat.
Die harde werklikheid is dat Hollande nou Merkel se goedkeuring gaan nodig hê om by sy verkiesingsbeloftes te kan hou.
Bykans niemand sien in Hollande se verkiesing ’n besliste Europese swaai na links nie. Ontevredenheid met die streng fiskale besparings as manier om die ekonomie sy skete te laat afskud,  kom van links en van regs. Dit is goed gedemonstreer toe Geert Wilders in Nederland uit die besuinigingsindaba gestap, en die regering laat tuimel het.  Hy, soos die linkses, vra minder besuiniging sodat die ekonomie gestimuleer kan word.
Die Europese Kommissie se medisyne behels eenvoudig dat lidlande van die Eurosone se begrotingstekorte nie meer as drie persent mag wees nie. Dit beteken besnoeiings.
Suid-Afrika gaan geraak word, ongeag watter denkskool die oorhand kry. Die VN lys ’n groot aantal punte waar Afrika, en Suid-Afrika, geraak word, waaronder verminderde invoere uit Europa, hoewel lande wat ru-olie en sekere strategiese minerale lewer, nie juis geraak gaan word nie. Afskaling van ontwikkelingshulp, wat in die geval van sommige Afrikalande meer is as wat hul lande se jaarlikse begroting beloop. In Suid-Afrika is dit sowat een persent van die begroting. Ook regstreekse investering, waar goeie regeervermoë ’n rol speel, word geraak.
Hollande se verkiesing beteken nie die Kaap is weer Hollands nie. Daar is nie ’n alternatief as dat Suid-Afrika sy eie huis in orde moet kry nie.
14 Mei 2012
‘n Span forensiese antropoloë, familie en oud-makkers wat vier
Suid-Afrikaanse soldate se oorskot uit Angola wou herwin, is ure
lank in dié land deur die polisie aangehou nadat hulle in die
middernagtelike ure aangesê is om die opgrawing te staak.
‘n Direkte botsing dreig tussen die Demokratiese Alliansie en
Cosatu en sy geaffilieerdes oor ‘n beplande optog van die DA
vandeesweek na Cosatu se hoofkantoor.
Die DA sê dit is ‘n skande dat provinsiale onderwys- departemente
na vyf maande steeds sukkel om die nodige handboeke aan
sommige skole te lewer.
Die minister van Polisie, Nathi Mthetwa, het berigte ontken dat hy
opdrag gegee het dat ondersoeke na die gewese misdaad-
intelligensiehoof, Richard Mdluli. gestaak word.
Rowwe seetoestande het pogings verongeluk om die Japanse
vistreiler wat by Clifton in die Kaap gestrand het weer vlot te kry;
`n Vliegtuig met een-en-twintig passasiers aan boord het in die
noorde van Nepal neergestort.
En Athene is laat gisteraand deur `n bomontploffing buite `n
belastingkantoor geruk. Niemand is beseer nie.
11 Mei 2012
* Die ANC het onder druk geswig en ‘n reeks wysigings aan die
Wetsontwerp op Staatsinligting voorgestel.
* Amerika het Suid-Afrika net sewe weke gegee om sy olie-invoere
uit Iran aansienlik te verminder.
* Oud-president FW de Klerk het kwaai op die sosiale netwerke
deurgeloop omdat hy Suid-Afrika se Tuislandbeleid aan die hand
van die Tsjeggiese en Slowaakse voorbeeld verdedig het.
* Werknemers van Absa is die afgelope week per e-pos in kennis
gestel dat hulle op 9 Junie afgedank gaan word.
* Die Spoorweg Veiligheidsreguleerder het met ‘n ondersoek begin
na die stormloop by die Pretoriase stasie waarin agtien mense
beseer is.
* ‘n Vermeende renosterstroper is naby die Krokodilbrug in die
Kruger Nasionale Park doodgeskiet.
*  Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n blanke man
wat saam met hulle opgesluit was in ‘n sel by die Durbanville-
polisiekantoor vermoor het, het hulle borgaansoek laat vaar.
* Betogings teen swak dienslewering in Noordwes het na nege
dorpe in die Ganyesa-gebied versprei.
* ‘n Sjinese vrou was so ontsteld oor die vergoeding wat sy
aangebied is nadat sy haar huis verloor het, dat sy haarself met
plofstof wat om haar liggaam vasgemaak was, opgeblaas het.
* En drie Suid-Afrikaners is in Engeland se groep van 42 spelers
ingesluit vir sy rugbytoer aanstaande maand in Suid-Afrika.
10 Mei 2012
* Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sê die verskuiwing van
die omstrede hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid,
lt.genl. Richard Mdluli, nie die probleem gaan oplos nie en dat hy
geskors moet word.
* Die premier van Noordwes, Thandi Modise, gaan die
Menseregtekommissie vra om die weiering van ‘n swart
skoolmeisie by Afrikaner Volkseie Sport se hokkieproewe op
Rustenburg te ondersoek.
* Die saak waarin twee mans aangekla word omdat hulle ‘n lesing
deur president Jacob Zuma onderbreek het, duur voort in die
Kaapstadse landdroshof.
* Die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor
Openbare Rekeninge, Themba Godi, het die Departement van
Minerale Hulpbronne van ‘n gebrek aan leierskap beskuldig.
* Die Afrika-Unie beplan om teen 2020 elektrisiteit aan ‘n honderd-
miljoen mense op die vasteland beskikbaar te stel.
* Die Royal Challengers Bangalore het met ‘n sege van nege
paaltjies oor die Indians hulle kanse lewendig gehou om nog die
uitklopronde van die Indiese Twintig20 Premierliga te haal.