Luister met jou selfoon

Luister na Radio Pretoria op jou selfoon

Radio Pretoria se uitsendings kan nou met behulp van SHOUTcast.Radio wêreldwyd met ‘n selfoon ontvang word. Alle selfone wat ‘n MP3-speler het, word ondersteun.

Vir selfone met ingeboude MP3-spelers (bv BlackBerry):
Maak jou selfoon se Internet webblaaier oop en klik GoTo
Voeg die volgende adres in http://78.129.146.199:8010 (sonder die www)
Klik Open
Radio Pretoria sal speel.

Vir iPhone en Windows Mobile:

http://78.129.146.199:8010/listen.pls

Vir alle selfone:
Daar is verskeie MP3 spelers vir die meeste nuwe generasie selfone op die Internet beskikbaar indien jou selfoon nie ‘n ingeboude MP3 speler het nie. Een daarvan is radioBee wat die volgende selfone ondersteun: BlackBerry-, Android-, Windows mobiel- en Java-tipe selfone.

Die koste daaraan verbonde is $4.99 vir BlackBerry, $4.99 vir Windows- gebaseerde fone en $1.99 vir Java fone. ‘n Gratis demonstrasie weergawe van die program kan hier met jou selfoon afgelaai word:  m.radiobee.com/demo. Let wel! Dit is eenmalige betaling vir die speler. Jy kan ook met radioBee na meer as 25000 ander radiostasies wêreldwyd luister. Meer inligting kan by www.radiobee.com verkry word.

Dit sal egter die moeite loon om net eers te kyk of daar nie ander gratis spelers vir jou selfoon op die Internet beskikbaar is nie.

Maak asb net seker dat jou diensverskaffer se datapakkette voldoende is sodat jy nie ‘n skok saam met jou volgende selfoonrekening ontvang nie!!

Lekker luister.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.