Missie van Radio Pretoria
- Om die samehorigheid van Boere-Afrikaners te versterk en die handhawing en uitbouing van die volksidentiteit te bevorder deur radio-uitsendings aan diegene wat toegewyd is aan die behoud van:
- Sy Protestants-Christelike herkoms en Wes-Europese taal en kultuurerfenis wat hom onderskei van ander Afrikakulture, d.w.s. sy Westerse eiesoortigheid in Afrika, ook ten dienste van sy buurvolke in Afrika.
- Die unieke merktekens van sy groei uit Afrikagrond wat hom van ander Westerse kulture onderskei, nl. sy Boere-Afrikaner-identiteit in die wêreld.
- Die vryheids- en selfbeskikkingselemente van sy kultuur wat oor 350 jaar in Afrika gegroei het wat internasionaal bekend is en wat vir hom wêreldwyd agting afgedwing het.
- Afrikaners wat hulle met bogemelde vereenselwig, is Boere-Afrikaners. Hulle trek duidelike grense tussen beproefde waardes en degraderende verskynsels van populêre, maar verbygaande aard.



