Stoor uitsendings in MP3

Hoe om Radio Pretoria se uitsendings op jou rekenaar te stoor
sodat jy later weer daarna kan luister

Freerecorder is ‘n sagteware programmetjie wat jy gratis van die Internet kan aflaai en installeer. Eintlik is dit ‘n nutsbalkie (Eng: toolbaar) vir jou webblaaier.

Dit is baie eenvoudig en maklik om te gebruik.

1. Laai dit af vanaf http://www.applian.com/sound-recorder.

2. Installeer dit.

3. Die volgende balkie sal in jou webblaaier verskyn:

4. Klik op “Settings” om die verstekwaardes te verander, bv die gids waar die klank gestoor moet word.

5. Klik op “Record Audio”.

6. Klik dan op Radio Pretoria se Internet uitsendings.

Baie belangrik: klik eers op “Record Audio” voordat
jy op Radio Pretoria se Internet uitsendings inskakel.

7. Radio Pretoria se uitsendings sal dan direk in MP3 formaat op jou rekenaar se hardeskyf gestoor word.

8. Jy kan dan natuurlik ook meer daarmee doen as jy wil, bv om dit na ‘n laserskyf te kopieĆ«r. Die moontlikhede is legio.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.